Gallery
HEIDELBERG NUUS - Personeel van die Duivenhoks-biblioteek het die pas afgelope biblioteekweek gevier deur leerders van De Waalville Primêr vanaf graad R tot graad 4 die belangrikheid van lees en die begrip daarvan uit te stippel.
Met tegnologiese vaardighede so ’n groot uitdaging in die kommersiële sektor en veral vir die jeug was dit hul missie om die leerders deur middel van lees, voordrag, sang en dans ’n liefde hiervoor te laat kweek.
Tydens die week se verrigtinge het die bibliotekaris, Volenté Hoogbaard en haar kollegas die leerders met hul vaardighede trakteer.
Volgens Hoogbaard is die vereistes in die daaglikse omgang so gemik op geletterdheid om vooruitgang te bewerkstellig, dat dit van kardinale belang is om kinders vanaf ’n vroeë ouderdom ’n liefde vir lees aan te kweek.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'