STILBAAI NUUS - Kinders wat oogprobleme het, gaan waarskynlik nie skool toe nie omdat hulle nie goed kan sien nie.
Dit is volgens Alison Bryant, voorsitter van Stilbaai gemeenskapspolisieforum (GPF). Dié forum en 'n nuwe oogkundige praktyk in die dorp het hande gevat om die kinders van Melkhoutfontein Primêr op skool te hou.
Die skoolhoof, mev. Ruby Flores het die projek ten volle ondersteun en die twee oogkundiges het 343 leerders by die skool getoets.
Vir enige navrae oor Stilbaai GPF kan Bryant gekontak word by 062 681 7091.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'