RIVERSDAL NUUS - Laslapwerk se terapeutiese waarde moet nooit onderskat word nie.
Dis die mening van Marlene Liebenberg van die dorp se kwiltersvereniging. Dié aktiewe groep nooi alle nuwe belangstellendes om by hulle aan te sluit.
Byeenkomste vind elke derde Donderdag van die maand om 09:00 in die saal van die NG Kerk Riversdal-Wes plaas.
Liebenberg sê demonstrasies word gereeld aangebied, show-and-tell-geleenthede word gehou en uitstappies gedoen. Die oggend word met gesellige teedrink en verversings afgesluit.
Die volgende datum is 20 Februarie.
Skakel haar vir meer inligting by 083 331 8080 of Marguarite Koch by 083 419 2237.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'