RIVERSDAL NUUS - Tydens SANESA se jaarlikse prysuitdeling wat op 9 November in George plaasgevind het, het drie leerders toekennings ontvang.
Jean-Mari Janse van Rensburg het 'n goue medalje in dressering en 'n brons medalje in prix caprilli ingeoes.
Johannes Botha het met 'n silwer medalje in dressering en 'n brons medalje in rykuns weggestap.
Jacques Botha het die trofee vir beste nuweling op skou ontvang en ook 'n goue medalje vir dressering op 'n leiband, 'n silwer medalje vir vertoonrykuns en 'n brons medalje vir dressering gekry.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'