RIVERSDAL NUUS - 'n Satellietbiblioteek is onlangs in Kwanokuthula geopen met die doel om aan die inligting-, opvoedkundige en ontspanningsbehoeftes van die gemeenskap te voorsien.
Die biblioteek het 'n groot verskeidenheid materiaal soos lees-boeke beskikbaar en kan uitgeneem word deur enigeen wat 'n biblioteekkaartjie het. Dit kos niks om by die biblioteek aan te sluit nie.
Twee eenhede is by die Kwanokuthula-gemeenskapsaal gevestig. Die een eenheid het drie rekenaars met internet beskikbaar vir gebruikers wat wil werk soek, skool-huiswerk doen en om CV's te tik.
Die diens is beskikbaar vir almal.
Die ander eenheid het 'n groot verskeidenheid biblioteekmateriaal beskikbaar wat tydskrifte en lees- en naslaan-boeke insluit.
Die satellietbiblioteek is ingerig om veral by kleuters 'n liefde vir lees aan te kweek en leerders te help met tuiswerk.
By die opening van die satellietbiblioteek in Kwanokuthula is van links: Andrew Stroebel (speaker van die Hessequa-munisipaliteit), Albert de Klerk (munisipale bestuurder), rdsl. Elias Dayimani, Ursula Oosthuizen (biblioteekbestuurder), Jongihlanga Mbanga (assistant-direkteur: Eden/Sentraal-Karoo), rdsl. Betsie van Noordwyk, Marina Griesel (korporatiewe dienste direkteur), rdsl. Johannes Hartnick en rdsl. Ben Smith.
Die biblioteek beskik oor 'n groot verskeidenheid tydskrifte en lees- en naslaanboeke.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'