Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Dit was reeds donker toe die fietsryers van Hoërskool Outeniqua Saterdagaand 23 Junie dié kusdorp ná 174 kilometer binnery.
Die leerders het reeds die oggend in George weggespring. Sterk wind op die grondpad tussen Gouritsmond en Stilbaai het hulle behoorlik getoets en was die fietsryers gedaan na hul eerste dag in die saal.
Stilbaai was die eerste oornagpunt vir dié 18 leerders wat dié fietstoer van meer as 500 kilometer oor vyf dae aangepak het om geld vir Laerskool Herold, ongeveer 30 km vanaf George, in te samel.
Volgens Elandi Rautenbach, onderwyser aan Hoërskool Outeniqua wat by die organisering betrokke is, beoog hulle om die geld wat ingesamel word aan te wend om ’n broodnodige pre-primêre klaskamer te bou.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'