Dit nadat die Eden/Sentraal Karoo Onderwys Bestuurs en opleidingsentrum (OBOS) glo 'n aanbeveling om dié tekort by die graad 7's aan te vul, by hul hoofkantoor ingedien het.
Volgens Jabe Hoogbaard, beheerliggaam voorsitter, wat Donderdagmiddag, 13 Maart 'n dringende vergadering met ouers van die graad 6- tot 9-leerders aangevra het, het die een graad 7-klas van 37 leerders, nog geen formele onderrig sedert die begin van die jaar gehad nie.
Daar word huidiglik gebruik gemaak van werklose matrikulante om toesig in die klas te hou. "Toesig hou is mos nie onderrig gee nie," aldus Hoogbaard.
Hy noem dat dié tekort al die grade van 6 tot 9 wat 230 leerders behels, affekteer en as gevolg 'n negatiewe impak op die leerders se vordering sal hê.
Tydens die vergadering met ongeveer 30 ouers, het beide Hoogbaard en die prinsipaal, Peter Adams, die bekommerde ouers ingelig oor die toedrag van sake. Hoogbaard het die ouers meegedeel dat hul twee skrywes aan Donald Grant, provinsiale minister van onderwys, gestuur het waarin hulle hom versoek om self te kom kyk wat die situasie is, maar dat hy nog nie op hul skrywes gereageer het nie. Hy is glo tot Dinsdag, 18 Maart kans gegee om te antwoord.
Een van die ontstelde ouers, Leah Esau, wou weet of die WKOD enige rede vir hul afkeuring vir 'n addisionele onderwyser verskaf het.
Hoogbaard het weer beklemtoon dat hulle nog geen antwoord ontvang het nie. Volgens hom wil hulle nie weer, soos verlede jaar, die skool ontwrig deur die uitsluiting van die personeel en leerders nie, maar wil dit voorkom of die WKOD eers positief reageer wanneer hulle tot drastiese aksie oorgaan.
Nog 'n beheerliggaamslid, Hans Hartnick, het gesê dat die situasie nie net die personeel frustreer nie, maar dat die frustrasie deur almal gevoel word wat by die skool betrokke is.
Hy het voorgestel dat daar weer na die ou waardes, 'my kind is jou kind' teruggekeer moet word. "Kom ons stel ons kinders eerste" het hy benadruk. Ten slotte het Hoogbaard die ouers bemoedig en die onderwysers geloof vir hul deursettingsvermoëns om onder dié soort druk steeds hul take met passie te verrig.
Suid-Kaap FORUM het mnr. Paddy Attwell, WKOD woordvoerder, genader vir kommentaar waarop hy gesê het dat skole self besluit hoe hulle die poste per graad allokeer. "Die departement allokeer poste hoofsaaklik gebaseer op die aantal leerders by die skool en nie vir spesifieke grade nie". Volgens hom het die departement reeds die skool met 'n addisionele pos voorsien. "Die skool het huidiglik gemiddeld een onderwyser vir 34 leerders, wat binne die norm van 36 leerders per klas in laerskole en 35 per hoërskool is". Attwell het ten laaste aangevoer dat die twee graad 7-klasse elkeen 35 leerders per klas het.

Die bekommerde ouers is alle ore soos hulle na die insette luister oor die situasie van hul kinders se lot.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'