RIVERSDAL NUUS - Die leerderraad van Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal, het gedurende April 'n kombersprojek van stapel gestuur.
Daar is gedurende die periode van vier weke 'n totaal van 63 nuwe komberse ingevorder. Dit is aan die kantoor van Riversdal Kindersorg oorhandig.
Dit sal aan diegene, wat moontlik gedurende die winter koud sou slaap, versprei word.
Hier is lede van die Oakdale-leerderraad en mnr. André Latsky (skoolhoof) saam met van die ontvangers van komberse.
Hier is lede van die Oakdale-leerderraad en mnr. André Latsky (skoolhoof) saam met van die ontvangers van komberse.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'