HEIDELBERG NUUS - Daardie winskopie op straat waarvan die prys te goed klink om waar te wees, is dalk iewers gesteel en kan jy jouself aan ‘n misdaad skuldig maak deur dit te koop.
Verskeie inbrake, veral in die Oos-Dorp is oor die afgelope paar weke by Heidelberg-polisie aangemeld, waartydens goedere van etlik duisende rande gesteel is.
Die polisie doen ‘n dringende beroep op alle inwoners om nie ‘n mark vir diewe te skep nie en om so te help om misdaad te bekamp.
Indien jy bewus is van enigiemand wat in besit van gesteelde goedere is, kan dit by die polisiestasie by 028 722 1910 of aan sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediawoordvoerder by 082 893 9930 aangemeld word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'