RIVERSDAL NUUS - Inwoners wat hul huise wat hulle van die staat ontvang en aan buitelanders wat spaza-winkels daaruit bedryf verhuur, raak ‘n probleem.
Ao Hans Busch, waarnemende komminukasiebeampte van Riversdal-polisie waarsku inwoners om dit nie te doen nie, omdat dit gebeur dat die huurders soms versuim om huur te betaal.
“Die polisie word dan gevra om ‘n saak te open, maar geen misdaad is gepleeg nie en dit is ‘n sivielie aangeleentheid. In baie gevalle is daar ook geen huurkontrak tussen die verhuurder en huurder opgestel nie.”
Die verhuurder sal ‘n prokureur moet kontak vir ‘n siviele saak om die ander party vir die uitstaande huur te dagvaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'