SUID-KAAP NUUS - Die sluitingsdatum van Afrikaans.com se #droomgroot17-kompetisie vir gr. 8 tot 12-leerders is na 31 Oktober uitgestel.
Leerders kan met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media (Facebook/Instagram/Twitter) deelneem deur 'n video waarin hulle hul talente in Afrikaans met byvoorbeeld 'n gedig voorlesing, 'n liedjie te sing, te dans of te kletsrym ten toon stel, op te laai.
Hulle moet ook Afrikaans.com in hul pos 'tag'.
Gedurende die tydperk sal drie inskrywings geïdentifiseer word en daardie deelnemers sal 'n motivering moet skryf van hoe hulle die prys ter waarde van R10 000 sal aanwend in die strewe om hul drome te verwesenlik.
Die leerder met die beste motivering wen die prys.
Die algehele wenner kan kies wat die prys moet behels, byvoorbeeld 'n kitaar, kort musiekkursus of 'n skryfkursus, waarna Afrikaans.com die aankope/betaling namens die leerder doen en die prys aan die wenner oorhandig.
Besoek www.afrikaans.com/news-headlines/droomgroot/droomgroot17-kompetisie om meer te lees en hoe om deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'