STILBAAI NUUS - Johan van Rooyen van die U3A Voëlgroep gee Maandag 27 November 'n vorderingsverslag van die Tweede Suider-Afrikaanse Voëlatlasprojek (SABAP2) wat ten doel het om die verspreiding en relatiewe voorkoms van voëls in Suider-Afrika aan te teken.
Die projek dek Suid-Afrika, Lesotho, Swaziland en Namibië, en is belangrik om die bewaringstatus van voëlspesies te bepaal, sowel as veranderinge in verspreiding en getalle oor tyd.
Gaste en nie-lede is welkom; toegang is gratis.
U3A Stilbaai verbeter die lewens-kwaliteit van ouer mense, veral afgetredenes en bevorder die behoud van intellektuele kapasiteit deur middel van stimulerende leer- en onderrig-programme en die sosiale kontak wat daarmee gepaard gaan.
Besoek hul webtuiste vir meer inligting by www.u3astilbaai.org.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'