Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Kollegestudente het Vrydag 6 Maart luidrugtig betoog teen wanuitbetaling van studietoelae.
Volgens studente van Suid-Kaap Kollege se Hessequa-kampus op Riversdal het sommige van hulle nog glad nie vanjaar hul studietoelaes ontvang nie.
“Hoe kan ‘n mens studeer as jy honger is?” vra Marius Ferndale, woordvoerder vir die studente.
Die bestuur van die kollege kon nie onmiddellik bereik word nie.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'