Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die Laerskool Bertie Barnard het op 18 April hul jaarlikse entrepreneursaand by die skool aangebied, wat voorafgegaan is met sokkerwedstryde, 'n 'beesloop' en boeresport.
Die wedstryde en boeresport, veral items soos rou eiers wat vir mekaar gegooi is, sakresies, pittespoeg en toutrek het vir groot pret gesorg terwyl almal in spanning gewag het dat die koei wat in die kampie gewei het, haar 'ding doen'.
Tradisioneel verkoop leerders kaartjies waar geskat word waar die koei haar 'besigheid' gaan doen en die persoon wat die naaste geraai het, is die wenner.
Die graad 7-entrepreneurs se stalletjies was weereens baie gewild en selfs die sterk wind kon nie keer dat die heerlike kos, interessante lekkergoed, speletjies en speelgoed en selfs vars groente en vrugte van die hand gesit word nie.
Lees meer in dié week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'