RIVERSDAL NUUS - Pick n Pay Liquor het 2022 afgesluit met 'n lekker lusmakertjie deur 'n kompetisie van stapel te stuur en ook sodoende hul nuwe bestuur en kassiere aan klante voor te stel.
Om in te skryf moes klante R500 of meer spandeer.
Die trekking het op 24 Desember plaasgevind en die wenners het aangename opkikkertjies vir 2023 ontvang.
Susan Snyman het 'n geheime geskenk ontvang. Justin Schietekat doen die oorhandiging.
Cephas Mdaba (bestuurder: Pick 'n Pay Liquor) kontak wenners om die goeie nuus mee te deel.
San-Mari Lombard en Jaco Arendse, kaptein van Riversdal Blues se eerste rugbyspan, het die gelukstrekkings gedoen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'