Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - Xtreme for Kids Cycle Tour en Matla a Bana ry van Johannesburg tot in die Kaap vir die bewusmaking teen kinderverkragting, molestering en mishandeling.
Hulle het Woensdag 6 Maart by Voorwaarts Primêr aangedoen. Leerders het saamgesing en elke beweging uitgevoer soos vir hulle deur Smiley - Leonore Louw, en Monique Strydom gewys is. Vyf fietsryers het die tog meegemaak en neem ook aan die opvoedkundige opvoering deel.
"Ons leer kinders dat dit hul reg is om nee te sê en dat hul lyfies aan hulle behoort. Met vandag se tegnologie maak ons hulle ook daarvan bewus dat hulle versigtig moet wees wanneer hulle op sosiale media met iemand gesels," het Strydom gesê.
Volgens Strydom word 'n kind elke drie minute in Suid-Afrika verkrag. Meeste van hulle is jong meisies tussen die ouderdom van 3 en 12.
Met 90% van die gevalle is die oortreder iemand wat aan hulle bekend is. Matla a Bana se hoofdoel is om die sekondêre misbruik te verminder wanneer hulle die misdade aangemeld het.
Almal wat deel van die fietstoer is, doen dit omdat hulle vir kinders lief is. Dit is reeds 'n jaarlikse instelling.
Besoek hulle webwerf by www.matlaabana.co.za.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Trap vas teen kindermishandeling
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'