Huldeblyke is betoon aan Madiba tydens die gedenkdiens waar die uitvoerende burgemeester, rdl. Emor Nel en predikers van vier verskillende denominasies hul eerbetoning aan Madiba uitgepreek het. Gratis busvervoer is vir lede van die onderskeie Hessequa gemeenskappe gereël om die gedenkdiens in Riversdal by te woon. Inwoners van Slangrivier, Heidelberg, Melkhoutfontein, Albertinia en Riversdal het hul respek kom betoon teenoor hul mede Suid-Afrikaner, Nelson Mandela.
Verrigtinge is afgeskop deur ds. Van der Westhuizen wie as seremoniemeester opgetree het, gevolg deur boodskappe van die uitvoerende burgemeester, Emor Nel, pastoor André Bamberger, pastoor Hadly Jansen en mnr. Wilton Muller. Musiek- en sangitems is gelewer deur die Royal Crusaders, Simply Smooth en die kerkkoor van die Nuwe Apostoliese Kerk.
'n Boodskap van versoening was die hooftema van die aand. Uitvoerende burgemeester, Emor Nel, noem dat die pad na 'n verenigde Suid-Afrika, lê nie net by leiers in die gemeenskap, kerke of die regeringssfere nie, maar is dit die verantwoordelikheid van elkeen van ons. "Net 'n glimlag kan die geleentheid skep om nader aan mekaar te beweeg en mekaar beter te leer ken en verstaan. Versoening is ook nie net vir verhoudinge bou oor kleurgrense heen nie."
Nel het voortgegaan deur te noem dat met die afsterwe van Nelson Mandela het elkeen in die Hessequa gemeenskap die verantwoordelikheid om die gesindheid wat Madiba openbaar het, die boodskap van vergifnis wat hy vanaf dag een na vrylating verkondig het, na te streef.
Kersliggies aangeskakel
Verrigtinge het met 'n hoogtepunt afgesluit deur die aanskakeling van die kersfeesliggies. Die aanskakeling van die liggies behartig deur die uitvoerende burgemeester, rdl. Emor Nel met die hulp van 'n jong lid van die gemeenskap. Saam is die kersliggies aangeskakel en het die Madiba-naam helder geskyn.
Die Hessequa gemeenskap is gelaat met die woorde van Nelson Mandela: "If division is based on the colour of your skin, it is unnatural and when this ends, domination of one group over another will also disappear. I have fought against white domination and I have fought against black domination. I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons will live together in harmony and with equal opportunities."
_549256190.jpg)
Gewyde musiek het gaste verwelkom.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessqua nuus'