HESSEQUA NUUS - Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, moedig inwoners aan om hulle te laat inënt.
“Somer is om die draai en so ook die sprake van 'n vierde golf van die koronavirus. Ons wil almal die komende feestyd geniet. Dit is dus baie belangrik dat inwoners wat besluit het om ingeënt te word, nie hul eerste inenting veel langer vertraag nie.”
Persone wat teen 1 Desember volledig ingeënt wil wees, moet
- Die eerste dosis Pfizer nie later nie as 20 Oktober ontvang het nie.
- Die tweede dosis 42 dae daarna ontvang wat beteken dat u die tweede dosis teen 1 Desember ontvang het.
“Aangesien dit ongeveer twee weke neem nadat u die tweede dosis ontvang het voor u maksimum immuun beskerming ontwikkel, beteken dit dat u die beste beskerming teen ongeveer 14 Desember sal hê - net rondom die tyd wat meeste mense beplan om met hul somervakansie te begin.”
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'