Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Karol’s playground se eienaar, Carol Walters en elke kind in dié speelgroepie is op Woensdag 18 Julie met speelgoed, sop en broodjies verras.
Om Mandeladag te vier het Bali Trading se personeel besluit om dié dag by Walters se groepie deur te bring.
Hulle het saam met die kinders gespeel en vir elkeen ’n speelding, koppie sop en broodjie gegee.
Karol’s playground neem baie kinders in wie se ouers nie vir hulle kan betaal nie. Walters ontvang ook geen ondersteuning van die staat nie.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'