STILBAAI NUUS - Die koronavirus het ook die plaaslike kap-oorlog 'n tydelike nekslag toegedien.
Volgens dr. Deon Begemann, voorsitter van Stilbaai-bewaringstrust is alle verdere kapsessies om indringerplante uit te roei, tydelik uitgestel.
Die vereniging het gehoop om weer in Mei met hul bedrywighede te kon aangaan.
Begemann verseker lede die projek sal voortgaan sodra inperkingsregulasies dit toelaat en wens almal goeie gesondheid toe.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'