Update
SLANGRIVIER NUUS - Ansie Hartnick, gemeenskaps- en kankeraktivis van Slangrivier wat reeds 21 jaar as vrywilliger by Kansa haar passie om pasiënte van diens te wees, het die hulp van wyksraadslid, Gerald Boezak, ingeroep om haar met 'n ete vir haar pasiënte by die plaaslike hotel te voorsien.
Volgens Hartnick het Boezak vir geen oomblik gehuiwer om haar te ondersteun met haar versoek nie en is dit spoedig gereël.
Die tweegang-ete is Donderdag, 25 Februarie met ses pasiënte en van hul metgeselle, asook 'n paar vrywilligers aangebied.
Die jongste pasiënt, Ellneca Hartnick (6), 'n leukemie-lyer het ook die spoggeleentheid met haar ma, Elzaan Hartnick meegemaak.
Hartnick het almal teenwoordig verwelkom en 'n kort oorsig van haar rol as koördineerder vir Slangrivier deurgegee. Sy het ook Boezak hartlik bedank vir sy bereidwilligheid om sonder huiwering in te stem om die ete te borg.
Sy het gesê dat, hoewel sy passievol is om haar pasiënte ten volle tydens hul behandeling by te staan, dit deur die Here se Woord is wat genesing geskied.
Boezak het tydens sy kort toespraak die aanwesiges meegedeel dat hul siekte vir hom as persoon baie na aan sy hart lê. Hy het hulle aangemoedig om nie te huiwer om hom te nader indien hulle sy hulp benodig nie. Volgens Boezak het Hartnick se passievolle diens aan die sektor hom met ander oë na kankerpasiënte laat kyk.
Cornelia Hartnick, een van die oorwinnaars van die siekte wat al 11 jaar van haar genesing getuig,en nou 'n vrywilliger is, het haar en die groep se dankbaarheid teenoor beide Boezak en Hartnick uitgespreek.
Op haar beurt het Hartnick almal bedank vir hul opkoms, asook die borg vir die T-hemde aan die pasiënte.
Vorige artikel: Kankerpasiënte word bederf
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'