MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die Soetfontein Senior Burgers-klub van Melkhoutfontein het Woensdag 19 Oktober 'n pragtige kankerbewustheidsgeleentheid by Soeterus-versorgingsoord vir bejaardes gehou.
Hulle het die dag afgeskop met 'n bewustheidsstap deur 'n gedeelte van Melkhoutfontein. Christel Cloete het die groep met sang en gebed gelei.
Almal was mooi getooi in pienk en die passie waarmee hulle gesing het, het die toon vir 'n baie geslaagde dag aangegee.
Inwoners van die Soetfontein Senior Burgers-klub luister na die geleentheidsprekers. Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'