HEIDELBERG NUUSFLITS - Dié dorp het tydens die vieringe van sy jaarlikse sportdag, een van sy grootste ondersteuners skielik vaarwel geroep.
June Pretorius (49), bekende en geliefde inwoner en groot natuurliefhebber het Sondag 30 Oktober in die vroeë oggendure gesterf.
Sy het haar stryd teen maagkanker in die Bayview hospitaal op Mosselbaai verloor.
Pretorius het geruime tyd probleme met haar maag ondervind en is sowat vyf weke gelede met kanker gediagnoseer.
Volgens Frank, haar eggenoot van 14 jaar, was sy vir ’n geruime tyd af en toe in die hospitaal opgeneem.
Sy was vir ongeveer twee weke opgeneem en ontslaan, maar na byna ’n week by die huis is sy weer opgeneem, waar haar toestand spoedig verswak het.
Hy vertel hartseer dat hy en sy familie nog Saterdagoggend aan die pretloop ten bate van Kansa deelgeneem het voor hulle die sportdagverrigtinge bygewoon het.
Die begrafnisdiens was Saterdag 4 November vanaf die huis in Thomlinstraat, Joe Slovo Park en toe daarna vanuit St. Barnabas Anglikaanse Kerk plaasgevind.
Die diens was Woensdagaand met ’n roudiens uit die kerk voorafgegaan.
June saam met haar dogter Lynishia, seun Fernell en eggenoot Frank tydens Fernell se mondigwording ’n paar maande gelede.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'