HEIDELBERG NUUS - Die groep gr.-12 leerders van Kairos Senior Sekondêr in Heidelberg het onlangs as deel van hul voorbereiding vir hul Afrikaanse voorgeskrewe werk "Map Jacobs" 'n besoek aan die Kunstekaap-teater in Kaapstad afgelê.
Die groep, onder leiding van opvoeders, Leazle September en Neil Hartnick, is deur een van Heidelberg se spogprodukte, Christo Davids, bekende akteur en regisseur, by die spogteater verwelkom.
Hier pronk die groep saam met hul opvoeder, Leazle September (heel links) op die trappe van die teater.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’