HEIDELBERG NUUS - Matrikulante van Kairos Senior Sekondêre Skool in Heidelberg het Donderdag 20 Oktober hul laaste amptelike skooldag bygewoon.
Die skool het vanjaar 73 ingeskrewe leerders gehad.
Tydens die afskeid, wat deur ouers en oudleerders bygewoon is, het leerders ook hul eksamensnommers in ontvangs geneem.
Die verrigtinge in die skool se binnehof is deur al die leerders van die skool asook ouers en of voogde van die jaar se gr. 12 leerders bygewoon.
Die matrikulante van Kairos Senior Sekondêre Skool verkeer jolig op hul laaste amptelike skooldag nadat hulle hul eksamennommers en ander dokumentasie ontvang het. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'