HESSEQUA NUUS - Kaartbetalingsfasiliteite vir die betaling van registrasie en lisensiëring van voertuie sal vanaf 1 Julie vanjaar by die verkeerskantoor beskikbaar wees.
Die fasiliteite sal by Riversdal, Stilbaai, Albertinia en Heidelberg beskikbaar wees.
Jy sal slegs vir registrasie en lisensiëring met jou kaart kan betaal en nie boetes nie.
Volgens die munisipaliteit is die konsepbegroting 2018/2019 op 29 Maart aan die raad voorgelê. Die gewysigde kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid 2018 /2019 maak voorsiening vir die uitbreiding van kaartbetalingsfasiliteite.
Die uitbreiding van kaartbetalingsfasiliteite vir die betaling van tariewe, diensterekeninge ensovoort kon nie geakkommodeer word in die konsepbegroting vir 2018/2019 nie.
Daar is bevind dat die kommissie wat die munisipaliteit moet afstaan te veel is en die raad nie die koste kan dra nie.
Diensterekeninge kan deur middel van kontant, 'n elektroniese fondsoordrag (EFT) betaal word of jy kan op die munisipale raad se ACB debietorderstelsel registreer.
Voorafbetaalde elektrisiteitsaankope is reeds beskikbaar op jou selfoon of via die internet.
Registreer hier of hier om van hierdie diens gebruik te maak.
Vir meer inligting skakel die Finansies Inkomste Departement by 028 713 8000.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'