Update
JONGENSFONTEIN NUUS - Die twee verdagtes in die moord en aanranding op twee vrouens van Jongensfontein, se saak is tot Vrydag 2 Februarie uitgestel.
Hulle sal dan in die Stilbaai-landdroshof verskyn.
Die verdagtes, die 48-jarige James (Outa) Steyn en Cornelius van Rooyen (41), het vandag in die Riversdal-landdroshof voorgekom.
Die verdagtes is Vrydag 26 Januarie na ‘n grootskaalse soektog op Vermaaklikheid gearresteer, binne slegs twee ure na die moord op Ona Hugo (80) en wrede aanval op Hettie de Witt (92), dieselfde dag in die vroeë oggendure.
“Die nadoodse ondersoek op me. Hugo word vandag gedoen en die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie, het Stilbaai-polisie se stasiebevelvoerder, kaptein Johan van Tonder aan Suid-Kaap Forum gesê.
Nog ses aanrandingsake is teen die twee moordverdagtes aanhangig gemaak.
Hulle het 'n man wat op Stilbaai aangerand is, se hand oor die vuur waarby hy gesit het gehou en hom gebrand. Vyf ander mans is met ‘n mes gesteek.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'