STILBAAI NUUS - Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Stilbaai het Woensdagaand 9 November hul gebruiklike imbizo vir Jongensfontein in die NG-kerksaal gehou.
Die doel was om Jongensfontein-inwoners oor polisiëringsforumaangeleenthede in te lig.
Alison Bryant, voorsitter van Stilbaai se Gemeenskapspolisiëringsforum, sê Stilbaai GPF koördineer, in samewerking met die Stilbaai SAPD, 'n uiters suksesvolle buurt- en plaaswagstelsel.
Sy het ook terugvoer gegee rakende projekte waarmee hulle tans besig is, onder andere die beheerkamer met sy 45 kameras wat reeds in die gebied geïnstalleer is en binnekort ten volle operasioneel sal wees.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'