RIVERSDAL NUUS - Cruise Saayman (23) wat in die vroeë oggendure van Sondag 2 Februarie in Riversdal met ’n halwe baksteen teen die kop gegooi is, is steeds in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad.
Saayman het blykbaar tussenbeide getree toe ’n groep mans sy vriend aanval.
Hy het die beseerde vriend gehelp om in ‘n voertuig te klim toe die baksteen hom deur die ruit tref.
Hy is met ’n Rooikruis-helikopter Kaapstad toe geneem waar hy ’n vieruur-lange operasie ondergaan het om stukkies been uit sy brein te verwyder.
Volgens sy oupa Dawid Saayman is die verdagtes nog op vrye voet.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'