HEIDELBERG NUUS - Die jeugtak van Heidelberg gemeenskapspolisieforum (GPF) het Woensdag, 16 Junie hul Jeugdag in die dorp se stadsaal gevier.
Die verrigtinge is deur sers Imorgene Hendricks, fasiliteer. Gavin Riddles, oud-Heidelberger en gemeenskapsaktivis het as gasspreker opgetree.
Nagenoeg 25 jeugdiges, ook vanaf Riversdal het die verrigtinge bygewoon.
Len-Mary Hendricks het ‘n kers ter herinnering aan die jeug van 1976 aangesteek.
Die groep jeugdiges van Heidelberg en Riversdal het die Jeugdagvieringe bygewoon. Voor sit Andrid Goliath, Len-Mary Hendricks, Charmaine Esau (plaaslike Jeugtakleier), Gavin Riddles (gasspreker), Heinrich Hartnick (GPF voorsitter) en Claradine Pietersen. Agter in die middel staan kapt Mervyn Zana en heel regs staan sers Imorgene Hendricks
Andrid Goliath voer geestelike danspassies uit.
Die groep Simply Smooth, Jayden Francies, Gavinethea Kortjé en Chade Joseph lewer hul sangitem.
Elmarie Jegels, plaaslike jong sanger van formaat, betower die aanwesiges met haar stem.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'