Gallery Update Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Selfs nie eens vroegoggend se skraal windjie het besoekers Saterdag 20 April gekeer om in hulle hordes op te daag vir Huis Stilbaai se jaarlikse basaar nie.
Tuisgebak en vars produkte het saam met handwerk en 'n groot witolifanttafel vir genoeg gesorg om enige snuffelaar se smaak te bevredig.
Die verskeidenheid kosstalletjies en 'n nageregtafel het ook groot aftrek gekry.
Volgens die bestuurder van Huis Stilbaai, Babs Kirchner, is die bedrag van R370 000 ingesamel. Sy bedank die gemeenskappe van Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein opreg vir hulle oop harte. Die bestuur het ook groot waardering vir die sameroepers van die basaar en die kollektante met hulle spanne.
Kyk 'n video hieronder:
So ’n basaar is ’n snuffelaar se droom.
Eetgoed kry altyd aftrek. Foto’s: Deona Aucamp, korrespondent
Lees 'n vorige artikel hier: Groot saamtrek by basaar
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'