Gallery Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Besoekers het op Saterdag 20 April in hulle hordes opgedaag vir Huis Stilbaai se jaarlikse basaar.
Tuisgebak en vars produkte het saam met handwerk en ‘n groot Wit Olifanttafel gesorg vir genoeg om enige snuffelaar te bevredig.
Babs Kirchner, bestuurder van Huis Stilbaai bedank die gemeenskappe van Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein opreg vir hulle oop harte en beursies.
Die bestuur het ook groot waardering vir die sameroepers van die basaar en die kollektante met hulle spanne.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'