RIVERSDAL NUUS - Inwoners van Jan Lange-tehuis op Riversdal kan deesdae weer Dinsdae- en Donderdaeoggende vir 'n halfuur onder toesig gaan stap na die laaste inperkingreëls wat verslap is.
Hulle eerste uitstappie op "parool" was Dinsdag, 6 Oktober.
"Dit was 'n groot hoogtepunt, in ag genome dat hulle presies 200 dae, vanaf Donderdagmiddag 16:00 op 19 Maart, ingeperk was. Daarom ook 'n hoogs aansteeklike vreugde," vertel Retha Benadé, kreatiwiteitskoördineerder van DROOM.
Lizette Malan, 'n vrywilliger wat saamgestap het, het vir elke inwoner 'n botteltjie water geborg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'