GOURITZMOND NUUS - 'n Inwoner van Gouritzmond is Saterdagoggend, 1 April, tussen 06:00 en 07:00 by haar woning in Voortrekkerweg van 'n bedrag kontant beroof.
Sy was glo besig om die geldkas vir haar besigheid reg te kry toe die verdagte haar van agter gegryp, teen die vloer gegooi en die kontant gegryp en verdwyn het.
As daar enige getuies is wat die polisie kan help met 'n beskrywing van die verdagte of enige inligting wat kan help om die boosdoener vas te trek, kan sers. Francois Fielies by 079 894 1615 of 028 735 8060 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’