HEIDELBERG NUUS - Diewe het groot skade by Kairos Senior Sekondêre skool op Heidelberg aangerig toe hulle die afgelope naweek by die skool ingebreek het.
Volgens die prinsipaal, mnr Vivian Prins, is hy Maandagoggend (18 Januarie) deur die opsigter, Jethro Fielies van die inbraak in kennis gestel.
Blykbaar is skade van etlike duisende rand aangerig.
“Dit is tragies dat dié persoon/e ’n belangrike gemeenskapsfasiliteit so minag en deur hul onverskillige aksies die skoolgemeenskap groot leed aandoen,” het hy aan Suid-Kaap Forum gesê.
Die saak word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'