STILBAAI NUUS - Die ikoniese Lappiesbaai Restaurant in Stilbaai is uiteindelik verkoop.
Na baie woelinge is 'n aanbod van R8 500 000 deur die Raad van Hessequa Munisipaliteit, eienaar van die gebou, aanvaar.
Die bouers is alreeds op die perseel besig en daar word behoorlik gewoel en gewerskaf.
Hopelik spog Lappiesbaai eersdaags met 'n restaurant wat waarde toevoeg tot Stilbaai se hoofstrand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’