Gallery
STILBAAI NUUS - As deel van die nasionale biblioteekweek het Stilbaai-biblioteek Woensdag 22 Maart 'n aktiwiteitsekspo in die Stilbaai-gemeenskapsaal aangebied.
Elkeen van die uitstallers is dit eens dat mag lê in getalle en as jy tyd op hande het is hier iets vir elkeen.
Bewaringstrust
Die Stilbaai-bewaringstrust se voorsitter, dr. Deon Begeman, sê dat hulle tans konsentreer op die uitroei van indringerplante en dit is 'n reusetaak.
Hierdie groepie mense is besig om 'n verskil te maak in en om Stilbaai en as jy jou weg oopsien om hulle te help kan jy gerus vir dr. Begeman skakel by 082 440 7910.
Leeskring
Die leeskring kom elke eerste Donderdag-middag van die maand om 14:30 in die biblioteek bymekaar en dan bespreek hulle 'n spesifieke boek wat hulle gedurende die maand moes lees.
Skryfkring
Die skryfkring is elke laaste Donderdag-middag van die maand halftwee bymekaar en dan bespreek hulle die stukkies wat deur hulle geskryf is die afgelope maand. Dit is spesifieke temas waarop besluit is.
So leer hulle dan bymekaar en verbeter hulle hul skryfkuns. Alle aspirantskrywers en ook gevestigde skrywers word aangemoedig om hulle te besoek en deel te raak van die skryfkring.
Rolbalklub
Die Stilbaai-rolbalklub was ook daar en nooi alle voornemende rolbalspelers om aan te sluit by die klub. Hulle speel Maandae, Woensdae en Vrydae en as jy aansluit is daar gewillige afrigters om jou te help. Kontak Elize Botha by 084 360 6991 as jy belangstel.
Kwiltgroep
Stilbaai-kwiltgroep kom elke eerste Donderdagoggend van die maand by die rolbalklub bymekaar om sommer net lekker te kuier, idees uit te ruil en om bymekaar te leer. Skakel Corné van Wyk by 082 908 0092 as jy wil aansluit of meer te wete wil kom.
U3A
U3A of te wel die University of the Third Age is 'n sambreel organisasie met die doel om die lewenskwaliteit van ouer mense te verhoog met interessante praatjies oor alles en nog wat deur deskundige sprekers. Stuur epos aan info@u3astilbaai.org indien jy meer te wete wil kom.
Die astronomiegroep vergader maandeliks en om deel te word van hierdie groep moet jy lid wees van U3A. Om meer te wete te kom kan jy gerus vir dr. Deon Begeman skakel by 082 440 7910.
FOTOGALERY: Stilbaai-biblioteek hou aktiwiteitsekspo in die Stilbaai-gemeenskapsaal
Mike Steytler van die Stilbaai-musiekvereniging.
Fotografieklub
Die fotografieklub is elke tweede Maandagaand sesuur by Die Waenhuis by Jagersbosch bymekaar waar hulle twee temas met twee foto's elk van elke lid bespreek en raad gee of selfs raad kry. Dit is oop vir alle fotograwe, selfs die met selfone. Kontak Willie Schoombee by 082 789 9975 vir meer inligting.
Tuin-Op-Die-Brak
Tuin-Op-Die-Brak is 'n geesdriftige groep tuiniers wat elke Dinsdagoggend van nege tot twaalf by die herbarium by Tuin-Op-Die-Brak bymekaarkom om plante uit die kontrei te identifiseer en te droog om te bewaar vir die nageslag. Indien jy belangstel kan jy hulle besoek by die herbarium.
Lian Combrinck, George Sabbagha en Guillaume Muir van Stasie 31, Stilbaai NSRI.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’