Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Ter viering van Erfenisdag op Donderdag, 24 September het 'n groep DA-aktiviste, tesame met speaker Andrew Stroebel, raadslede Margaret Jakobs en Annemarie Joubert, asook Louise Mouton (kiesafdeling-koördineerder) 'n huis in Langstraat, Riversdal afgeskuur en geverf.
Om huise op te knap is 'n deurlopende projek in die kiesafdeling en word dit deur raadslede geïdentifiseer om opgeknap te word.
Fotogalery: Blou huis vir Erfenisdag
Die kiesafdeling bedank minister Tertuis Simmers (politieke hoof) en sakeman Niel van Tonder vir die skenking van die verf.
Die eienaar van die huis, Susara Floris is in haar skik oor haar nuwe blou huis.
Vorige artikel: Huis word opgeknap
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'