RIVERSDAL NUUS - Twee Pitbul-honde het Saterdag, 31 Julie omstreeks 08:00 ‘n bul, drie koeie en ‘n kalfie aangeval en erg beseer.
Die voorval het in Vetterivier-rylaan, Riversdal plaasgevind.
Die plaaslike polisie is op soek na die eienaar van die honde.
Enigiemand met inligting omtrent die voorval kan Riversdal-polisie kontak (028 713 8500).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'