HESSEQUA NUUS - Uit die hof.
Poging tot verkragting
'n 39-jarige man van Slangrivier het Vrydag 7 September in Heidelberg-landdroshof op aanklag van poging tot verkragting verskyn. Die aanklag spruit uit 'n voorval waartydens hy 'n 21-jarige jongvrou van die Slangrivier-distrik glo op 'n vorige geleentheid wou verkrag het.
Hy is onmiddellik in hegtenis geneem, maar is na sy vlugtige verskyning op waarskuwing vrygelaat. Die ondersoek duur voort tot sy volgende verskyning op 8 Oktober.
Diefstal
Julian Mekeur het Maandag 10 September vlugtig in Riversdal-landdroshof verskyn. Sy saak is tot 8 Oktober uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'