Update
RIVERSDAL NUUS - Die skool het Maandag, 17 Januarie 100 nuwe graad 8-leerders by die skool verwelkom.
Die hoof, mnr Henco Smith het tydens die saalbyeenkoms wat buite op die paviljoen gehou is, die volgende aan die nuwe Dasse gesê.
"Saam bou elke Das aan Langenhoven se toekoms en elke leerder se baksteen maak 'n verskil. Ons as skool se wens is dat elke leerder sal waardig voel en 'n verskil maak. Ook dat die leerders 'n ongelooflike opwindende en kosbare tyd by die skool sal beleef.
Die nuwe Dassies het 'n program gevolg waar daar onder andere konsert gehou is, geswem, spookhuis, spanbou-aktiwiteite en skattejag.
Die week is met 'n oulike en humoristiese sottekonsert afgesluit wat die leerders vir hulle ouers in die skoolsaal aangebied het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'