HEIDELBERG NUUS - Die Hoërskool Heidelberg se matrikulante is baie trots op hulle 100% slaagsyfer.
Die leerders het deur die jaar hard gewerk en hulle mikpunt was niks minder as 100% nie.
Volgens die skoolhoof, Jacques Nell, is dit vir hulle baie spesiaal omdat hulle ook hulle 120ste bestaansjaar gevier het.
Die uitvoerende burgermeester van Hessequa Munisipaliteit het ook sy gelukwense oorgedra en gesê dat hy baie trots is op al die matrikulante van Hessequa.
Vier van die ses skole, naamlik Oakdale, Langenhoven, Heidelberg en Albertinia het almal 100% slaagsyfer, terwyl Kairos spog met 97,9% en Gerrit Du Plessis met 83,6%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’