RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se jaarlikse erkenningsgeleentheid is op Saterdag 13 Oktober in die burgersentrum aangebied.
Dit was weer 'n spoggeleentheid waartydens leerders se gawes en talente gevier is. Leerders is vereer vir prestasies op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
'n Totaal van 311 leerders het erkenning ontvang.
Die duxleerder in elke graad is as volg:
- Gr. 8: Ruben Terblanche (gem. 93,21%).
- Gr. 9: Jannes Snyman (gem. 91,29%).
- Gr. 10: Deon Viljoen (gem. 93,5%).
- Gr. 11: Schalk Meintjies (gem. 92,45%).
- Gr.12: Eben von Below (gem. 92,05%).
Oakdale het sy duxleerders aangewys. Van links: is Ruben Terblanche, Schalk Meintjies, Eben von Below, Jannes Snyman en Deon Viljoen.
Schutte Müller het Universiteit Stellenbosch se landboustudiebeurs vir 2023 asook die Landbouweekblad-medalje ontvang. Marco Conradie se insluiting in die SA skolerugbyspan het aan hom die sportman van die jaar-toekenning besorg. Die Stefan Marais-toekenning vir die mees veelsydigste prestasie het vanjaar aan Pieter Marais gegaan.
Tydens die geleentheid het verskeie leerders toekennings van Agri Expo af ontvang.
Die verteenwoordigende raad van leerders vir 2023 is ook aangekondig met Zandré Conradie as hoofseun en Marco Steyn as onderhoofseun.
Oakdale se hoofleiers vir 2023 is Zandré Conradie (links) hoofseun en Marco Steyn (regs) die onderhoofseun.
Die Stefan Marais-toekenning vir die mees veelsydigste prestasie het vanjaar aan Pieter Marais gegaan. By hom is sy ouers, Pine en Petrusa Marais
Hierdie toppresteerders van Oakdale het almal toekennings van Agri Expo af ontvang.
Oakdale se verteenwoordigende raad van leerders vir 2023 is agter, van links: Jacobus de Villiers, Adrian Smith, Deon Viljoen, Gustav Schutte, Zandré Lategan, Sine Mdlankomo, Jandrian Goosen en Hendrik de Beer. Middel: Sebastian Lötter, Pierre Nortier, Jannes Snyman, Eduard Albertyn, NJ Tesner, Tristan Atsell, Dewalt Jonck, Lohan Gerber en Daniël le Roux. Voor: Theo Ferreira, Devon Windvogel, Zandré Conradie (hoofseun), Marco Steyn (onderhoofseun), Hanno Louw en George Coetzee. Afwesig: Bern
Schutte Müller met sy Landbouweekblad-medalje. Hy het ook Universiteit Stellenbosch se landboustudiebeurs vir 2023 ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'