RIVERSDAL NUUS - Andrew Stroebel, speaker van die Hessequa-munisipaliteit, is besig met 'n reeks welwillendheisdbesoeke aan verskeie besighede in dié streek om die eienaars te bedank vir hul bydraes tot die plaaslike ekonomie en veral vir die skep van werksgeleenthede.
Hier staan hy by werknemers van die Hessequa-abbatoir in Riversdal wat hy op Dinsdag 223 Augustus besoek het.
Dié abbatoir het 73 werknemers in diens, maar hulle beplan om aanstaande jaar verder uit te brei en meer plaaslike mense in diens te neem.
Hessequa-abbatoir bied werk vir 73 mense.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'