Update
HESSEQUA NUUS - Hessequa se braaibroodjiemeeester is Saterdag 3 September gekroon nadat die vyf finaliste by die Legends-kuierkroeg in Riversdal sake op die kole uitgespook het.
Die drie beoordelaars het nogal 'n gewigtige taak op hande gehad om die wenner te bepaal.
Die uiteindelike wenner het smake uit Meksiko in haar braaibroodjieresep ingespan en dit het op die ou einde die deurslag gegee.
Pryse is aan die beste drie braaiers toegeken terwyl die ander finaliste troospryse gekry het.
Lees Suid-Kaap Forum Vrydag 9 September om te sien wie die braaimeester is. Daar sal ook foto's van dié feestelike geleentheid wees.
Die vyf finaliste wat sake uitgespook het om as Hessequa se braaibroodjiemeester gekroon te word.
Van links: Lezanne Zietsman, Renatha Götz, Wilma Adamson (redakteur: Suid-Kaap Forum), Yolanda Prinsloo, Jano Prinsloo en Madelaine Theart.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'