HESSEQUA NUUS - Die uitslae van 2021 se nasionale senior sertifikaat matriekeksamens is Vrydag, 21 Januarie bekend gemaak en wonderlike nuus is dat al ses hoër- en sekondêre skole in die Hessequa-streek 'n slaagsyfer tussen 90 en 100% behaal het.
LEES MEER: Kairos en Hattieland, Heidelberg doen ook goed
Daar was egter nie net vreugde nie, maar vir sommiges ongelukkig oor hartseer. Die leerders wat nie die paal gehaal het nie, is darem in die minderheid.
Uitslae (alfabeties)
- Gerrit du Plessis Senior Sekondêre Skool, Riversdal - 90,4% (2020 - 75,8%)
- Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal - 99% (2020 - 97,8%)
- Hoërskool Albertinia - 97,5% (2020 - 95%)
- Hoërskool Heidelberg - 100% (2020 - 95%)
- Hoërskool Langenhoven, Riversdal - 99% (2020 - 100%)
- Kairos Senior Sekondêre Skool, Heidelberg - 94,3% (2020 - 95,8%)
LEES MEER: Heidelberg se 2021-matrieks vaar ook goed
Kairos se leerders is duidelik in hulle skik met hul uitslae. Foto: Clive Pretorius
Gerrit du Plessis se matrieks het verlede jaar sommer uitstekend teenoor die vorige jaar gevaar. Me Luzaan Jantjies (heel links), die prinsipaal, mnr Patric Witbooi (middel) en mnr Stanley Floris staan by van die matrieks wat goed gevaar het: Jomele van den Berg, Michelle Titus, Doryan Daries, Jewaan Riddles en Tahwidah Moosa.
Ons is uiteindelik klaar met skool, sê hierdie Dassies van Hoërskool Langenhoven.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'