Gallery
HESSEQUA NUUS - Die Hessequa Paasnaweek-toernooi op Saterdag 8 April by die Melkhoutfontein-sportterrein was 'n besondere belewenis met heerlike pret en sport.
Dit was die tweede agtereenvol-gende jaar wat dit aangebied is.
FOTOGALERY: Paasnaweek-toernooi in Melkhoutfontein
Vyf netbalspanne en vyf rugbyspanne het in ontspanne luim aan die lekker sportdag deelgeneem.
Die gasheer was Seagulls-rugbyklub en die ander deelnemende spanne was Heidelberg, Arrows van Slangrivier, Riversdal Blues en Riversdal-dorp.
Die netbalspanne was van Riversdal Blues, Seagirls, Protea Stars, Albertinia en Heidelberg.
Heinrich Fortuin van Suid-Kaap Forum het die spanne in Melkhoutfontein met sy kamera gaan afneem.
Slangrivier-netbalklub was ook in aksie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’