HESSEQUA NUUS - Die Hessequa-munisipaliteit se konsepbegroting van sowat R500 miljoen word binnekort vir openbare deelname voorgelê.
Dit maak voorsiening vir enkele tariefaanpassings en verhoogde diensteheffings.
Volgens Johan Jacobs, munisipale bestuurder, is inkomstebronne steeds beperk en uitgawes moet tot die minimum beperk word, terwyl besteding aan onderhoud streng gemoniteer moet word.
Hessequa en Garden Route-munisipaliteit is die enigste in die Suid-Kaap wat tydens die afgelope boekjaar ’n skoon oudit gekry het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Johan Jacobs, Marina Griesel (direkteur: korporatiewe dienste) en Susan Geldenhuys (mediawoordvoerder). Foto: Tisha Steyn
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'