STILBAAI NUUS - Hessequa Munisipaliteit plaas graag die volgende feitelike inligting ten opsigte van die verhuring van die Lappiesbaai Restaurant op ‘n gedeelte van Erf 217, Stilbaai-Oos, op rekord:
Die huurooreenkoms met die vorige eienaars van die Lappiesbaai Restaurant, is op 01 November 2015 op dieselfde terme en voorwaardes, vir ‘n periode van 5 jaar, aan Me Kruis (die huidige huurder) sedeer;
Die huurooreenkoms met die huidige huurder het dus op 31 Oktober 2020 verstryk en is ‘n maand tot maand ooreenkoms sedert 01 November 2020 in plek;
Die doel van die maand tot maand ooreenkoms was juis omdat daar onsekerheid was weens die feit dat die Raad die toekomstige gebruik van die munisipale eiendom hersien het, wat ook so tydens samesprekings aan die huurder gekommunikeer was;
Die huurder is, addisioneel tot die publieke deelname proses, op 17 Augustus 2023 skriftelik in kennis gestel van die Raad se voorneme om die eiendom op 27 September 2023 per openbare veiling te vervreem.
In die kennisgewing is die huurder daarop gelet dat kansellasie met 30 dae vooraf skriftelike kennisgewing kan geskied en is die huurder aangemaan om op daardie stadium reeds die nodige logistieke reëlings te tref om in ‘n posisie te wees om die eiendom te ontruim wanneer hulle die kennisgewing ontvang;
Die openbare veiling het op 27 September 2023 plaasgevind en is daar nie ‘n gunstige aanbod ontvang nie;
Die daaropvolgende veiling was geskeduleer en was ‘n deeglike publieke deelname proses gevolg, wat insluit die plasing van ‘n kennisgewing in die plaaslike koerante, sosiale media en op die perseel. Die huidige huurder was dus behoorlik ingelig van die openbare veiling wat op 22 Desember 2023 plaasgevind het.
Die hoogste aanbod sal op 24 Januarie 2024 voor die Raad dien ter oorweging daarvan. Meer besonderhede rondom die aanbod sal openbaar word nadat die aanbod deur die Raad oorweeg is;
Die huurder is op 08 Januarie 2024 in kennis gestel van die kansellasie van die "huidige maand tot maand" ooreenkoms met effek 15 Februarie 2024 en dat die verhuurde "munisipale" perseel teen 16 Februarie 2024 ontruim moet wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’