HESSEQUA NUUS - Die reën en sneeu wat in Augustus oor groot dele van die Hessequa-gebied uitgesak het, het gesorg dat drie van die vier hoofdamme in die streek nou propvol is.
Die damvlakke soos vanoggend, Maandag, 6 September 2021 :
- Korentepoortdam = 100,1% - Reënval = 1mm (week)
- Duivenhoksdam = 100,4%
- Olive Grovedam = 94%
- Jongensfontein dam = 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'